Dekolonisasie (Afrika)

Europese beheer in 1939
██ Belgies ██ Italiaans
██ Brits ██ Portugees
██ Frans ██ Spaans
██ Onafhanklik

Die proses van die dekolonisasie van Afrika, wat na die Tweede Wêreldoorlog begin het, is deur verskeie faktore veroorsaak. Die belangrikste hiervan was die verdwyning van imperialisme in Europa en die groei van nasionalisme in die kolonies. In Afrika is dekolonisasie voorafgegaan deur gebeure in Asië en die Arabiese wêreld. Die Suez-krisis van 1956 het die twee leidende koloniale moondhede, Brittanje en Frankryk, onherroeplik op die weg van dekolonisasie geplaas. In die daaropvolgende dekade het die meeste van hul kolonies in Afrika onafhanklikheid verkry. Dekolonisasie het verreikende gevolge op internasionale gebied gehad.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search